Ballyhoo
Ballyhoo is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep. Die groep is veral bekend vir hulle treffer, Man on the moon, wat 19 weke lank op die treffersparade was en die nommer een posisie bereik het.[1][2][3]
Ballyhoo | |
---|---|
Oorsprong | Johannesburg, Suid-Afrika |
Genres | Popmusiek |
Jare aktief | 1974- |
Lede | Ashley Brokensha Derrick Dryan Fergie Ferguson |
Gewese lede | Attic van Wyk Mick Matthews Cedric Samson |
Die groep is in 1974 in Johannesburg gestig.[4] Die oorspronklike lede was Derrick Dryan (sang), Attic van Wyk (klawerbord), Mick Matthews (sang en kitare), Fergie Ferguson (baskitaar en sang) en Cedric Samson (tromme).[4] Hulle eerste album, Ballyhoo, is in 1976 vrygestel.
Die groep bestaan steeds met Ashley Brokensha, Derrick Dryan en Fergie Ferguson as lede. Attie van Wyk het in 1989 die maatskappy Big Concerts begin, wat konserte vir veral oorsese kunstenaars reël.[1]
Diskografie
wysig- Ballyhoo (1976)
- Standing Room Only (1977)
- Man On The Moon (1981)
- Ballyhoo Too (1982)
- Alive (1989)
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ "SA Charts 1969–1989". The South African Rock Encyclopedia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op 8 Februarie 2016.
- ↑ "'Man in die maan' kuier nou tussen die sterre". Die Burger. 15 Augustus 2013. Besoek op 8 Februarie 2016.
- ↑ 4,0 4,1 Chivers, G; Jasiukowicz, T (1994). History of Contemporary Music of South Africa Part 1. Toga Publishing. pp. 6–7. ISBN 0-620-18121-4.