Beheermodus
In rekenaarterminologie verwys die beheermodus (Engels: supervisor mode) na 'n hardeware verstelde vlag wat verander kan word deur kode wat in stelselvlak sagteware uitgevoer word.[1][2][3][4] Stelselvlak take of -rygkode (thread) sal hierdie vlag stel terwyl hulle besig is, terwyl toepassings in die gebruikersruimte dit nie sal doen nie. Hierdie vlag bepaal of dit moontlik sal wees om masjienkode verwerkings soos om onderbrekingsversoeke te versper. 'n Program wat in beheermodus uitgevoer word moet betroubaar wees aangesien dit die hele rekenaarstelsel kan laat faal.
Soos deur foldoc.org opgesom word is die beheermodus "'n Uitvoermodus op sommige verwerkers wat die uitvoer van alle instruksies ontsper, insluitend bevoorregte instruksies. Dit kan ook toegang verleen tot 'n afsonderlike adresspasie, tot sagteware vir geheuebestuur en tot ander bybehore. Dit is die modus waarin die bedryfstelsel gewoonlik loop."[1]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "supervisor mode from FOLDOC". foldoc.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2024. Besoek op 2 September 2024.
- ↑ "What is Supervisor Mode? - Definition from Techopedia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2024. Besoek op 2 September 2024.
- ↑ "Protection Ring". GeeksforGeeks. 16 September 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2024. Besoek op 2 September 2024.
- ↑ "RISC-V supervisor mode". jborza.com. 4 April 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2024. Besoek op 2 September 2024.