Benoît Mandelbrot
(Aangestuur vanaf Benoit Mandelbrot)
Benoît Mandelbrot (Warskou, 20 November 1924 - Cambridge, 14 Oktober 2010) was 'n Frans-Amerikaanse wiskundige.
Benoît Mandelbrot | |
Gebore | 20 November 1924 Warskou, Pole |
---|---|
Oorlede | 14 Oktober 2010 (op 85) Cambridge, Massachusetts |
Blyplek | Pole, Frankryk, Verenigde State |
Nasionaliteit | Pole Frankryk Verenigde State |
Vakgebied | Wiskunde, Aërodinamika |
Instelling(s) | Yale-universiteit International Business Machines (IBM) Pasifiese Noordweste Nasionale Laboratorium |
Alma mater | Politegnikum Kaliforniese Instituut vir Tegnologie Universiteit van Parys |
Doktorale promotor(s) | Laurent Calvet Eugene Fama Ken Musgrave Murad Taqqu Daniel Zajdenweber |
Bekend vir | Mandelbrot se stelsel fraktale Chaosteorie Zipf-Mandelbrot wet |
Beïnvloed deur | Johannes Kepler |
Toekennings | Barnard-medalje vir voortreflike diens in Wetenskap (1985) Harvey-prys (1989) Wolf-prys (1993) Japan-prys (2003) Franklin-medalje Legioen van Eer |
Hy is gebore as 'n Joodse Pool en is bekend vir sy bydrae tot wiskunde en chaosteorie, deur die ontwikkeling van die konsep van fraktaalmeetkunde. Hy publiseer in 1970 sy bevindings in 'n boek: Fractals: forms, chance and dimensions en later in 1977 'n meer afgeronde weergawe getiteld: The fractal geometry of nature. Mandelbrot het as 'n Franse wiskundige fisikus by die IBM firma gewerk toe hy begin het om fraktaalmeetkunde te ontwikkel. Mandelbrot het skynbaar die gedagte van fraktaalmeetkunde ontwikkel in 'n poging om geraas in telefoonkabels uit te skakel.