Bergrivier-kanowedvaart
Die Bergrivier-kanomaraton vind elke jaar in Julie op die Bergrivier in die Wes-Kaap plaas. Die maraton is die langste kanowedvaart in Suid-Afrika (228 km) en word oor vier dae beslis. Aangesien die wedvaart in Julie in die Wes-Kaap plaasvind, kan die weersomstandighede in hierdie winterreënvalstreek 'n belangrike rol in die kompetisie speel.
Ontstaan en rekords
wysigDie Bergrivier Kanomaraton het in 1962 'n aanvang geneem. Die eerste wenner was Nollie Meiring. Graeme Solomon, die manswenner wat in 2001 gewen het, hou die rekord vir die beste tyd, naamlik 12 uur, 36 minute en 43 sekondes. Hank McGregor het die Berg die meeste keer as manswenner gewen, naamlik tien keer.
Cheronne Botes was die eerste vrouewenner in 1978. Alexa Lombard, wat in 2001 gewen het, hou die rekord vir die beste tyd in die vroueafdeling: 13 uur, 33 minute en 6 sekondes. Marinda Hartzenberg (van 1983-1989) het die vrouekompetisie sewe keer agtereenvolgend gewen - 'n rekord.
Manswenners
wysig- 2019 Hamish Lovemore & Tyron Maher
- 2018 Adrián Boros (Hongarye) & Graeme Solomon
- 2017 Adrián Boros (Hongarye)
- 2016 Hank McGregor
- 2015 Hank McGregor
- 2014 Andy Birkett
- 2013 Lance King
- 2012 Hank McGregor
- 2011 Hank McGregor
- 2010 Hank McGregor
- 2009 Hank McGregor
- 2008 Hank McGregor
- 2007 Hank McGregor
- 2006 Hank McGregor
- 2005 Hank McGregor
- 2004 Jacques P Theron
- 2003 Jacques P Theron
- 2002 Jacques P Theron
- 2001 Graeme Solomon
- 2000 Hank McGregor
- 1999 Michael Cheeseman
- 1998 Michael Cheeseman
- 1997 Michael Cheeseman
- 1996 Robert Herreveld
- 1995 Robert Herreveld
- 1994 Robert Herreveld
- 1993 Robert Herreveld
- 1992 Robert Herreveld
- 1991 Robert Herreveld
- 1990 Mark Perrow
- 1989 Graham Monteith
- 1988 Mynhardt Marais
- 1987 Robert Clegg
- 1986 Herman Chalupsky
- 1985 JT Basson
- 1984 Stefan Hugo
- 1983 Greyling Viljoen
- 1982 Stefan Hugo
- 1981 Sunley Uys
- 1980 Stefan Hugo
- 1979 Chris Greeff
- 1978 André Collins
- 1977 Stefan Hugo
- 1976 Stefan Hugo
- 1975 JT Basson
- 1974 Sunley Uys
- 1973 Sunley Uys
- 1972 André Collins
- 1971 Willem van Riet
- 1970 Roelof van Riet
- 1969 Hennie Greeff
- 1968 Roelof van Riet
- 1967 Chris Dreyer
- 1966 Paul Chalupsky
- 1965 Jannie Malherbe
- 1964 Jannie Malherbe
- 1963 Jannie Malherbe
- 1962 Nollie Meiring
Vrouewenners
wysig- 2019 Tracey Oellerman & Melissa van Rooyen
- 2018 -
- 2017 Bianca Beavitt
- 2016 Bianca Beavitt
- 2015 Bianca Beavitt
- 2014 Abby Adie
- 2013 Jenna Ward
- 2012 Jen Theron
- 2011 Michelle Eray
- 2010 Robin Kime
- 2009 Robin Kime
- 2008 Abbey Miedema
- 2007 Abbey Miedema
- 2006 Abbey Miedema
- 2005 Alexa Lombard
- 2004 Abbey Miedema
- 2003 Alexa Lombard
- 2002 Alexa Lombard
- 2001 Alexa Lombard
- 2000 Jean Wilson
- 1999 Jean Wilson
- 1998 Antje Manfroni
- 1997 Jean Wilson
- 1996 Jean Wilson
- 1995 Antje Manfroni
- 1994 Jean Wilson
- 1993 Jean Wilson
- 1992 Jean Wilson
- 1991 Dene Simpson
- 1990 Dene Simpson
- 1989 Marinda Hartzenberg
- 1988 Marinda Hartzenberg
- 1987 Marinda Hartzenberg
- 1986 Marinda Hartzenberg
- 1985 Marinda Hartzenberg
- 1984 Marinda Hartzenberg
- 1983 Marinda Hartzenberg
- 1982 Ritzie Heyns
- 1981 Ritzie Heyns
- 1980 Ritzie Heyns
- 1979 Cheronne Botes
- 1978 Cheronne Botes
Eksterne skakels
wysig- http://www.bergrivermarathon.org.za Geargiveer 3 Julie 2008 op Wayback Machine