Bewaring-afhanklike spesie
' Bewaring-afhanklike spesie is 'n spesie wat as "Bewaring Afhanklik" ("LR/cd") gekategoriseer is deur die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN). Dit beteken dit is afhanklik van bewaringspogings om te verhoed dat dit bedreig word. 'n Spesie wat op die bewaringspogings van mense afhanklik is, word as bewaringsafhanklik beskou. Sodanige spesies moet die fokus wees van 'n voortgesette spesie-spesifieke en/of habitat-spesifieke bewaringsprogram, waarvan die staking daartoe sal lei dat die spesie binne 'n tydperk van vyf jaar vir een van die bedreigde kategorieë kwalifiseer. Die bepaling van status word voortdurend gemonitor en kan verander.