Biebrza
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Biebrza [ˈbʲɛbʒa] is 'n rivier in die noord-weste van Pole. Die sterk kronkelende Biebrza vloei noordwes van Białystok deur die Biebrza-moerasland, een van die grootstes van sy soort in Europa met 'n oppervlakte van 1 290 km².
Biebrza | |
---|---|
Die Biebrza naby Brzostowo. | |
Oorsprong | 1 km suid van Nowy Dwór |
Monding | Narew tussen Białystok en Łomża |
Stroomgebied | Pole |
Lengte | 165 km (103 myl) |
Stroomgebiedopp. | 7 057 km² (2 725 myl²) |
Natuurbewaring
wysigDie Biebrza-riviervallei is 'n ongerepte landskap en natuurlike habitat vir talle plant- en dierspesies. Hier kom meer as 70 plantgemeenskappe en meer as 950 spesies van vaatplante voor. Die vallei dien as broeigebied vir meer as 270 voëlspesies.
Die Biebrza-moerasland maak deel uit van die Nasionale Biebrza-park wat in 1993 gestig is.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Biebrza. |