Bloedsuiers (rolprent)
Bloedsuiers is die eerste Afrikaanse vampierrolprent. Wat die rolprent verder uniek maak is dat dit gehoorbefonds is. Dit beteken dat lede van die publiek finansiële bydraes kan maak sodat die rolprent vervaardig kan word.[1]
Bloedsuiers | |
---|---|
Regisseur | Jon Day |
Produksieleier | Benjamin Cowley Anton Rollino |
Draaiboek | Draaiboek: Darron Meyer, Tyrel Meyer |
Met | Darron Meyer Tyrel Meyer Inge Beckmann Rob van Vuuren Porteus Xandau Francois van Coke André Roothman |
Uitgereik | 2011? |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans/Engels |
Amptelike webtuiste |
Genre
wysigHoofrolspelers
wysig- Darron Meyer as Diff
- Tyrel Meyer as Snakes
- Inge Beckmann as Lizelle
- Rob van Vuuren as Rooinek
- Porteus Xandau as Prins Wyker
- Francois van Coke as Etienne
- André Roothman as Konraad
Storielyn
wysigDie storie gaan oor die sogenaamde bloedsuiers wat al van Jan van Riebeeck se dae af hier in Suid-Afrike ronddwaal. Dan vang twee aspirant-vampierjagters in die hedendaagse Kaapstad per ongeluk een van dié bloedsuiers.
Daarna reis hulle na die Klein-Karoo om die bose en bloedsuiende prins, bekend as Wyker, op te spoor en van kant te maak. Sodoende vervul hulle ’n eeue oue profesie. Die enigste probleem is dat dié profesie bekend is onder die vampiere en Wyker dus weet hulle is op pad.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Die Bloedsuiers is hier!" (in Engels). MK. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 12 Maart 2011. Besoek op 14 Maart 2011.