Bombaaikat
Die Bombaaikat (Engels: Bombay) is ’n kortharige katras. Daar is twee soorte: die Amerikaanse en die Britse Bombaaikat.
Bombaaikat | ||||
’n Britse Bombaaikat. | ||||
Land | Brittanje, VSA | |||
Pels | Kort | |||
Patroon | Effekleurig | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Britse Bombaaikat
wysigBritse Bombaaikat is die naam wat gegee word aan swart katte in die Asiatiese rasgroep.[1] Dit is ’n Birmaanse tipe kat met ’n swart pels, tone en neus, en koper tot groen oë. Die blink pels moet tot by die wortels gekleur wees.
Amerikaanse Bombaaikat
wysigDie Amerikaanse Bombaaikat is in 1958 in die Amerikaanse staat Kentucky geteel. ’n Amerikaanse korthaarkat is met ’n Birmaanse kat geteel om ’n kat met die voorkoms van ’n swartluiperd te skep.[2] Die Amerikaanse katte het koper- of goudkleurige oë en ’n pikswart pels.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Fogle, B.: The Encyclopedia of the Cat. Dorling Kindersley: 2008
- ↑ Amerikaanse Bombaaikat, mybombaycat.com. URL besoek op 22 Januarie 2012
Eksterne skakels
wysig- Suider-Afrikaanse standaarde Geargiveer 7 Mei 2013 op Wayback Machine
- Britse Bombaaikat
- Amerikaanse Bombaaikat
- Fanciers.com – Amerikaanse Bombaaikat Geargiveer 9 Januarie 2012 op Wayback Machine
- Algemene inligting: Amerikaanse Bombaaikat
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bombaaikat.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia