Bon Accord-nikkelafsetting
25°40′59″S 31°10′0″O / 25.68306°S 31.16667°O Die Bon Accord-nikkelafsetting is naby Barberton in Mpumalanga geleë. Dit is 'n klein afsetting van nikkelhoudende minerale (6 x 3 x 0,3 m). Daar kan twee verskillende afsettings onderskei word, 'n sulfidiese en 'n geöksideerde een.
Daar word ook 'n paar PGE-minerale soos stibiopaladiet, ungaviet, genkiniet en platarsiet aangetref. Dit is die tipeligging vir 'n paar minerale:[1]
- Bonaccordiet
- Cochromiet
- Liebenbergiet
- Nimiet
- Trevoriet
- Willemseïet
Verwysings
wysig- ↑ "mindat" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2019.