Botletle-rivier
Die Botletle-rivier (Botetirivier, Botletli-rivier) in die noordweste van Botswana is deel van die land se unieke binnelandse dreineringstelsel.
Botletle-rivier | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Botletle-rivier
| |
Stroomgebied | Botswana |
Oorsprong | Toteng aan die suidpunt van die Okavangodelta Outeniekwaberge |
Monding | Noordwesdistrik, Botswana Sua Pan |
Lengte | 1 700 km |
Oorsprong-hoogte | 932 m |
Monding-hoogte | 909 m |
Gemiddelde afloop | 10 m³/s |
Koördinate: 21°16′15.96″S 24°47′41.64″O / 21.2711000°S 24.7949000°O |
Die rivier ontspring by Toteng aan die suidpunt van die Okavangodelta, net suidwes van Maun. Daarna swaai dit suidoos verby Makalamabedi na die westelike punt van die Makgadigadi-panne. Daarna suidwaarts verby Rakops na die Xau-meer.
Toe die Ngamimeer nog oorgeloop het, het die Botletlerivier nog baie water daaruit gekry om na die Makgadigadi-soutvlakters te neem. Teenswoordig bestaan die rivier uit 'n reeks poele met brak water. In die reënseisoen kom die rivier soms skielik af as dit water van die Okavangodelta ontvang. Tot vroeg in die laaste kwart van die 20ste eeu het die streek rondom Rakop nog graanoeste gelewer.
Bibliografie
wysig- Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 2. Kaapstad: Nasou, 1970.