Brackenhill-waterval
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Brackenhill-waterval is in ‘n denneplantasie oos van Knysna in die rigting van Plettenbergbaai aan die Tuinroete.
Die waterval is in die riviertjie wat uitmond by Noetzie en lê tussen die Kruisfontein-bosboustasie en Harkerville, net suidwes van die Tuin van Eden en 3 km suid van die N2-nasionale pad. Dit bestaan uit ‘n reeks stroomversnellings en laastens ‘n behoorlike waterval.
Bibliografie
wysig- Burman, Jose: Coastal holiday – a guide to South African seaside resorts. Kaapstad: Human & Rousseau. 1978. ISBN 0-7981-0881-9
- https://gardenroutetrail.wordpress.com/2018/09/09/brackenhill-waterfall/