Brandberg
Namibiese berg
Die Brandberg is die hoogste gebergte van Namibië. Dit lê in die noorde van die streek Erongo. Die grootste enkele bergspits is die 2 573 m hoë piek Königstein.
Brandberg | |
---|---|
Ligging | Erongo, Namibië |
Hoogte | 2 573 meter bo seevlak |
Koördinate | 21°7′S 14°33′E / 21.117°S 14.550°O |
Rotsouderdom | 130 miljoen jaar |
Eerste bestyging | 18 Januarie 1918 |
Eerste bestyger(s) | Reinhard Maack |
Die kerngebied van 450 vierkante kilometer (170 vk. m.) is in 1951 tot 'n nasionale monument verklaar.[1]
Bibliografie
wysig- Mason, Revil: New prehistoric paintings in die Brandberg, South West Africa, and the Waterberg, Northern Transvaal. In: Lantern. Tyskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 7, nr. 4, Junie 1958
Wikimedia Commons bevat media in verband met Brandberg. |
Verwysings
wysig- ↑ Voigt, Andreas (2004). National Monuments in Namibia: An Inventory of Proclaimed National Monuments in the Republic of Namibia. Gamsberg Macmillan. p. 17. ISBN 9991605932.