Brasse vannie Kaap
(Aangestuur vanaf Brasse van die Kaap)
Brasse vannie Kaap (afgekort BVK) was 'n Afrikaanse rap- en hip-hop-musiekgroep van Kaapstad, Suid-Afrika wat in 1996 gestig is. Hulle gelyknamige debuutalbum is in 1997 vrygestel. Daarna volg Yskoud in 2001, Super Power in 2004 en hulle laaste album, Ysterbek in 2006.[1]
Brasse vannie Kaap | |
---|---|
Oorsprong | Kaapstad, Suid-Afrika |
Genres | Hip-hop |
Jare aktief | 1996–2006 |
Etikette | Ghetto Ruff, KMD |
Die oorspronklike groeplede is Deon Daniels (Boeta-D), Roger Heunis (Hamma), Ashley Titus (en) (Mr Fat) en Enver Pietersen (DJ E20). Bboys Cheeze, Baby-L en Levi het later by bulle aangesluit. Titus is in 2007 aan ’n hartaanval oorlede.
Diskografie
wysig- Ysterbek, 2006 KMD
- Super Power, 2004 GHETTO RUFF
- Yskoud, 2001 GHETTO RUFF
- Brasse Vannie Kaap, 1997
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8