Bredasdorpberge
bergreeks in die Wes-Kaap, Suid-Afrika
Die Bredasdorpberge is 'n bergreeks wat deel is van die Kaapse Plooigordel in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Hierdie bergreeks strek oor 'n afstand van 15,2 km en lê in 'n noordoostelike rigting vanaf die see.
Bredasdorpberge | |
---|---|
Ligging | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Hoogte | 415 meter bo seevlak |
Lengte | 15,2 km |
Rigting | Noordoos |
Reeks | Kaapse Plooigordel |
Koördinate | 34°31′00″S 19°54′00″O / 34.51667°S 19.90°O |
Bergtipe | Bergreeks |
Die aardroos-suikerbos (Protea aspera) en die syslangkoppie kom onder andere hier voor.