Brian Eno
Brian Peter George St. John le Baptiste de la Salle Eno ([ˈiːnoʊ], * 15 Mei 1948 in Woodbridge, Suffolk, Engeland as Brian Peter George Eno), bekend as Brian Eno of kort Eno, is 'n Engelse musikant, komponis, musiekvervaardiger, sanger en visuele kunstenaar wat bekendheid verwerf het as een van die voorste vernuwers van ambient music.
Brian Eno | |
---|---|
Brian Eno in 2015 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Brian Peter George Eno |
Gebore | Woodbridge, Suffolk, Verenigde Koninkryk | 15 Mei 1948
Genres | Eksperimente rockmusiek · elektroniese musiek · art pop · minimal music · generative music · glam rock · art rock |
Beroep(e) | Musikant, komponis, musiekvervaardiger, sanger en visuele kunstenaar |
Instrumente | Sintetiseerder · klavier · klawerbord · stem · orrel · saksofoon · kitaar · baskitaar |
Jare aktief | 1970– |
Etikette | Island · Polydor · EG · Obscure · Opal · Virgin · Astralwerks · All Saints Records · Rykodisc · Warner Bros. · War |
Assosiasies | Roxy Music · Robert Fripp · Harold Budd · David Bowie · Talking Heads · Jon Hassell · Cluster · Devo · David Byrne · U2 · Ultravox · Robert Wyatt · 801 · Coldplay · Genesis · Damon Albarn · Karl Hyde · Fred Frith |
Webwerf | www |
Eno het sy akademiese opleiding onder Roy Ascott by die Ipswich Civic College ontvang en vervolgens aan die Colchester Institute se kunsskool in Essex, Engeland gestudeer waar hy sy inspirasie in minimalistiese skilderkuns, kubernetiek en eksperimentele musikale tegnieke gevind het. In die vroeë 1970's het hy as sintetiseerderspeler by die musiekgroep Roxy Music aangesluit.
Roxy Music het binnekort groot sukses in die glam rock-musiekgenre behaal, maar Eno het geleidelik moeg geraak vir konserttoere en sy geskille met die groep se hoofsanger Bryan Ferry. In 1973 het Eno die groep verlaat om 'n reeks vernuwende langspelers op te neem waarop hy met verskillende musiekstyle geëksperimenteer en 'n baanbreker vir ambient music geword het.
Bronnelys
wysig- Reynolds, Simon (2005). "Contort Yourself: No Wave New York". Rip It Up and Start Again: Post-punk 1978–84. London: Faber and Faber, Ltd. pp. 139–157.
- Sheppard, David (2008). On Some Faraway Beach: The Life and Times of Brian Eno. London: Orion. ISBN 978-0-7528-7570-5.