Brie Larson
Brie Larson (gebore as Brianne Sidonie Desaulniers; 1 Oktober 1989) is ’n Amerikaanse aktrise en sangeres.
Brie Larson | |
Larson in 2018.
| |
Geboortenaam | Brianne Sidonie Desaulniers |
---|---|
Geboorte | 1 Oktober 1989 |
Aktiewe jare | 1998–tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Loopbaan
wysigSy het haar loopbaan as gaskunstenaar op televisie begin – haar debuut was in 1998 in die The Tonight Show with Jay Leno. In 2003 het sy haar rolprentdebuut in Right on Track gemaak en daarna in die 2004-prente 13 Going on 30 en Sleepover verskyn. In 2005 het sy haar debuutalbum, Finally Out of P.E., uitgereik. Haar spel in die komedieprent Hoot (2006) is geprys en het gelei tot wyer erkenning en ander rolle in Tanner Hall (2009), Greenberg (2010), Scott Pilgrim vs. the World (2010) en 21 Jump Street (2012).
Larson is ook bekend vir haar rol van 2009 tot 2011 as Kate Gregson in die TV-reeks United States of Tara. In 2015 was sy te sien in die drama Room en die komedie Trainwreck. Vir eersgenoemde het sy ’n Oscar, Bafta, Golden Globe, Critics' Choice-, Independent Spirit- en Screen Actors Guild-prys gewen.
Eksterne skakels
wysig- Brie Larson in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Brie Larson.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia