Buca di Beppo
Buca di Beppo is 'n Amerikaanse restaurant-ketting wat op Italiaans-Amerikaanse familiekos fokus. Die ketting se eerste eetplek is in 1993 in die kelder van 'n woonstelgebou in Minneapolis gevestig – vandaar die naam wat in die Toskaanse dialek van Italiaans na 'n kelder verwys. Die onderneming het sy hoofkwartier tans in Orlando, Florida.
Buca di Beppo | |
Tipe | Filiaalmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1993 |
Hoofkantoor | Orlando, Florida, Verenigde State |
Liggings | 6 (2006)[1] |
Sleutelpersone | Robert Earl (Voorsitter) |
Industrie | Restaurante |
Produkte | Italiaanse restaurante |
Werknemers | 1 500[2] |
Moedermaatskappy | Planet Hollywood |
Webwerf | bucadibeppo.com |
Totale eienaarsbelang: $8,8 miljoen |
Naas 86 restaurante in die Verenigde State in besit van Buca, Inc. (wat op sy beurt in September 2008 deur Planet Hollywood oorgeneem is) is daar ook vyf konsessie-eetplekke in die Verenigde Koninkryk. Volgens die onderneming se webtuiste word wêreldwyd meer as honderd restaurante onder die handelsmerk bedryf.[3]
Verwysings
wysig- ↑ (en) Bannister, Laura (7 Februarie 2018). "Dinner at the End of America". The Paris Review. Besoek op 18 Junie 2018.
- ↑ (en) "Company Profile for BUCA Inc (BUCA)". Besoek op 21 Oktober 2008.
- ↑ Buca di Beppo: About Buca. Besoek op 13 November 2018
Eksterne skakels
wysig- (en) Amptelike webwerf