Bundesautobahn 10
Federale snelweg in Duitsland
Bedryf deur
Duitsland
Totale lengte
196 km
Loop deur die deelstate
Berlyn
Brandenburg
Die Bundesautobahn 10 (afkorting: BAB 10, dikwels ook kort Autobahn 10 of A 10 genoem) is 'n federale snelweg wat rondom die Duitse hoofstad Berlyn loop. Die grootste deel van die snelweg is in die aangrensende deelstaat Brandenburg geleë, maar aangesien 'n seksie van die snelweg deur die noordelike stadsgebied van Berlyn loop het dit die bynaam Berliner Ring gekry. Die BAB 10-snelweg is met 196 kilometer tans die langste ringpad ter wêreld.
Fotogalery
wysig-
Plaaslike kaart (Berlyn)
-
Bernauer Schleife naby Bernau
-
Suidelike seksie tussen Ludwigsfelde en die "snelwegdriehoek" Nuthetal
-
Suidelike seksie naby die "snelwegdriehoek" Spreeau
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Bundesautobahn 10. |