Byl
'n Byl is 'n spesiale stuk handgereedskap wat gewoonlik gebruik word om bome of hout mee te kap, soortgelyk aan 'n pik. Dit het gewoonlik 'n stewige kop en 'n lang of 'n kort steel.
Dié soorte met lang stele is die harde werkers wat gebruik word om bome in die bos mee te fel. Dié met korter stele word veral tydens kampering, jag- en staptogte gebruik om vuurmaakhout te versamel en stukke hout kleiner te kap.