Cantores Minores
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Cantores Minores is 'n Finse seunskoor van die Domkerk van Helsinki. Die koor is die oudste en die mees suksesvolle koor van Finland. Dit is in 1952 deur Tarmo Nuotio en Ruth Ester Hillilä gestig.
Cantores Minores | |
---|---|
Cantores Minores in 2013 | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Helsinki, Finland |
Genres | Klassieke musiek |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1952-hede |
Webwerf | cantoresminores.fi |
Die koor bestaan tans uit sowat driehonderd 4- tot 25-jarige seuns en jong mans. Die president van Finland dien as hulle beskermheer. Hul repertoire bestaan uit musiek van die middeleeue tot die hede, maar veral die musiek van Johann Sebastian Bach. Hannu Norjanen is sedert 2005 die leier van die koor en het self in sy jonger dae in die koor gesing.