Maak hoofkeuseskerm oop

Carina Nel

Suid-Afrikaanse aktrise

Carina Nel (geb. 4 Januarie 1988) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise.

Carina Nel
Geboorte 4 Januarie 1988 (1988-01-04) (31 jaar oud)
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Beroep(e) Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sy het op sesjarige ouderdom al begin toneelspeel en het haar dramagraad by die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie behaal.

Carina Nel is onder meer bekend vir haar rol as Isabel in SAUK1 se sepie Generations. Van 2016 af speel sy dokter Alexa Welman in 7de Laan en sy was in 2017 genomineer vir 'n Tempo-toekenning vir die sepieaktrise van die jaar. Sy het in 7de Laan eweneens die (dubbel)rol van die boosaardige karakter Amanda Louw gespeel.

Nel woon met haar eggenoot in Pretoria.