Caudron R.11
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Caudron R.11 was 'n Fransvervaardigde driesitplek, tweemotorige verkennings/bomwerper wat met welslae gebruik is om vegvliegtuie te vergesel oor die westelike front. Dit was toegerus met vyf Lewis-masjiengewere en baie beweeglik en het die Franse vegters diep in die vyandelike gebied vergesel waar dit die Duitse vliegtuie laat ontgeld het. So het die Caudron R.11 'n indrukwekkende rekord opgebou van Duitse vliegtuie wat afgeskiet is.
Caudron R.11 | |
---|---|
Tipe | Verkenning/bomwerper |
Vervaardiger | Caudron |
Ontwerp deur | Paul Deville |
Nooiensvlug | Maart 1917 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Franse Lugmag |
Aantal gebou | 370 |
Die vliegtuig het oor 'n aantal interessante kenmerke beskik wat dit van ander vliegtuie onderskei het: die motors was omhul deur 'n vaartbelynde gondel en beide kon van enige van die hoofbrandstoftenks gevoer word. In latere modelle kon die agterkant van die gondels afgegooi word saam met ekstra brandstoftenks wat daarin was. Daar was ook 'n ekstra stel kontroles in die masjiengeweerkajuit. Die R.11 is eers in Julie 1922 uit diens onttrek.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Hispano-Suiza 8Bpa inlynmotors |
Kraglewering per motor | 215 perdekrag |
Vlerkspan | 17,92 m |
Lengte | 11,22 m |
Hoogte | 2,8 m |
Vlerkoppervlakte | 54,25 m2 |
Maksimum opstygmassa | 2 167 kg |
Maksimum snelheid | 183 km/h |
Operasionele hoogte | 5 950 m |
Uithouvermoë | 3 ure |
Klimvermoë | 2 000 m in 8 minute en 10 sekondes |
Bewapening | Vyf 7,7 mm Lewis-masjiengewere: twee voor, twee agter en een onder die neus. |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9