Maak hoofkeuseskerm oop

Charles Arthur "Charlie" Bassett (30 Desember 1931 – 28 Februarie 1966; Kaptein, Amerikaanse Lugmag), was 'n Amerikaanse elektriese ingenieur en 'n toetsvlieënier van die Amerikaanse Lugmag. Hy was gekeur as 'n ruimtevaarder tydens die Ruimtevaardergroep 3-inname in 1963. Hy was toegeken aan die span vir Gemini 9. Hy sterf egter in 1966 saam met sy medevlieënier, Elliot See, in 'n Nasa opleidingsvliegtuig by die McDonnell vliegtuigfabriek in St. Louis, Missouri. Hulle moes twee weke se opleiding in ruimterendezvous hier ondergaan.

Charles Bassett
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Charles Bassett in September 1964

Geboortenaam Charles Arthur Bassett II
Gebore (1931-12-30)30 Desember 1931
Dayton, Ohio
Oorlede 28 Februarie 1966 (op 34)
St. Louis, Missouri
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep ruimtevaarder
Ander poste, ampte toetsvlieënier

Eksterne skakelsWysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.