Charlie Brown is die hoofkarakter van die Amerikaanse strokiesprent Peanuts, wat deur Charles M. Schultz bedink is. Hierdie strokiesverhaal word daagliks in talle lande oor die wêreld in koerante gepubliseer. In die storie is Charlie Brown ’n gawe seun wat nie veel selfvertroue het nie en dikwels deur ongeluk getref word. Sy hond se naam is Snoopy.[1]

Charlie Brown
Die karakters Linus (links) en Charlie Brown (regs)

Skepping
Eerste verskyning 30 Mei 1948 (eerste vermelding)
2 Oktober 1950 (amptelike debuut)
Geskep deur Charles M. Schulz
Stem Peter Robbins (1963–1969)
Chris Inglis (1971)
Chad Webber (1972–1973)
Todd Barbee (1973–1974)
Duncan Watson (1975–1977)
Dylan Beach (1976)
Arrin Skelley (1977–1980)
Liam Martin (1978)
Michael Mandy (1980–1981)
Grant Wehr (1981)
Brad Kesten (1983–1985)
Michael Catalano (1983)
Brett Johnson (1984–1986)
Chad Allen (1986)
Sean Collins (1988)
Erin Chase (1988–1989)
Jason Riffle (1988)
Kaleb Henley (1990–1991)
Justin Shenkarow (1992)
Jamie E. Smith (1992)
Jimmy Guardino (1993)
Steven Hartman (1995–1997)
Christopher Ryan Johnson (2000)
Quinn Beswick (2000)
Wesley Singerman (2002–2003)
Adam Taylor Gordon (2003)
Spencer Robert Scott (2006)
Alex Ferris (2008–2010)
Trenton Rogers (2011)
Noah Schnapp (2015)
Aiden Lewandowski (2016-hede)
Inligting
Spesie Mens
Geslag Manlik
Beroep Student
Ander familie Sally Brown (jonger suster)
naamlose ouers
Oupa Silas Brown
naamlose ouma
naamlose tante
naamlose oom
Snoopy (hond)
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Charles Schultz met 'n skets van Charlie Brown.
Charly, Snoopy en Woodstock

Schulz, 'n boorling van Minnesota wat die karakter geskep het, het gesê dat "hy [Charlie Brown] die een is wat moet ly, omdat hy 'n karikatuur van die gemiddelde persoon is. Die meeste van ons is baie meer met verloor as met wen bekend". Ongeag hiervan het Charlie Brown deur die jare ook gelukkige oomblikke en oorwinnings ervaar. Hy toon soms onkarakteristies selfvertroue ten spyte van sy gereelde senuweeagtigheid.

Schulz het ook gesê: "Ek hou van Charlie Brown as die fokuspunt van byna elke storie".[2]

Lee Mendelson, vervaardiger van die meeste Peanuts-programme vir TV, het gesê dat "hy [Charlie Brown] 'n slagoffer is wat boelies oorleef en finaal oorkom".[3]

Charlie Brown verjaar op 30 Oktober. In die oorspronklike strokies van 3 November 1950 word gesuggereer dat hy in 1946 gebore is. Aanvanklik woon Charlie Brown in 'n woonstel, met sy ouma wat een vloer bokant hom bly. 'n Paar jaar later (in die storie) woon hy in 'n huis met 'n agterplaas.[4]

Vriende

wysig

Charlie Brown se vriende is:

  • Sally is Charlie Brown se jonger suster. Sy kla dikwels oor verskillende dinge. Hy word by tye gedwing om haar huiswerk te doen, daarvoor hy haar uitskel of wat hy soms gelate aanvaar.
  • Linus is die intellektuele reus. Hy het altyd sy gunsteling kombers by hom.
  • Lucy het 'n sterk persoonlikheid en boelie hom voortdurend. Sy is bekend vir haar mal idees en skel hom gereeld oor sy mislukkings uit.
  • Woodstock is 'n klein, geel voëltjie. Net Snoopy kan met hom herken en met hom kommunikeer.
  • Schroeder is 'n pianis en hou van Beethoven. Hy speel gewoonlik die klavier.
  • Peppermint Patty het 'n sterk, maar saai persoonlikheid en is soms baasspelerig teenoor hom. Sy is 'n goeie bofbalspeler, maar is nie goed met skoolwerk nie.
  • Marcie is 'n goeie vriend van Peppermint Patty. Sy is ernstig, maar nie goed in bofbal nie.
  • Pigpen is optimisties. Hy kan stof soos 'n magneet versamel.
  • Franklin is altyd bedagsaam en kalm. Hy het saam met Charlie Brown gespeel en vriende gemaak.

Verwysings

wysig
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Against Snoopy". StrausMedia (in Engels). Christopher Caldwell. 4 Januarie 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2019. Besoek op 5 Desember 2014.
  3. "Super Bowl XLIX: From TV specials to 'The Peanuts Movie,' why Charlie Brown's football pratfall is a comedy classic". Washington Post. 1 Februarie 2015. Besoek op 14 Februarie 2015.
  4. "Peanuts Begins". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018.

Eksterne skakels

wysig