Chevrolet Optra
Die Chevrolet Optra is 'n kompakte motor wat oorspronklik as die Daewoo Lacetti deur die Suid-Koreaanse vervaardiger GM Daewoo vervaardig is sedert 2002. Die eerste generasie Lacetti was beskikbaar as 'n vierdeursedan, 'n vyfdeur luikrug of 'n vyfdeur stasiewa. Die sedan en wa is ontwerp deur Pininfarina en die luikrug deur Giorgetto Giugiaro.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | General Motors |
Produksie | 2002–huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte motor |
Uitleg | Voorenjin, voorwielaangedrewe |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Daewoo Nubira |
Opvolger | Chevrolet Cruze |
In November 2008 is die tweede generasie Lacetti geloods onder die naam Lacetti Premiere, wat 'n embleemweergawe van die Chevrolet Cruze was - mede-ontwikkel deur GM Daewoo en Chevrolet. Dit is vervaardig onder die Daewoo-merk tot die begin van 2011, toe produksie gestaak is, maar bly steeds in produksie onder die Chevrolet- en Holden-handelsmerke.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |