Chirombo-waterval
waterval in Tanzanië
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Chirombo-waterval (ook bekend as die Izi-waterval en die Mpona) in Tanzanië is baie naby aan die Kalambo-waterval. Die val is 268 m hoog, maar is nie loodreg nie. Na meer as 100 m val dit op 'n rotslys voordat dit verder val. Dit is by die koördinate 8° 50′ 59″ suid en 31° 1′ 59″ oos en is baie moeilik bereikbaar weens die digte plantegroei. Die omgewing het 'n ryk voëllewe en die besondere colobus-aap kom hier voor.
Bibliografie
wysig- Green, Lawrence G.: Great North Road – a journey by land and water, on and off the highway, in search of lonely places and cities, strange tales and the odd characters of tropical Africa. Kaapstad: Howard Timmins, 1961.
- Van Rooyen, P.G. Die Suid-Afrikaanse Leerlinggids. Kaapstad: Maskew Miller, 1975. ISBN 0-623-00901-3