Chlodio
Chlodio (? c. 448), (ook bekend as Clodio, Cloio, Chlogio of Chlodian VI), was 'n belangrike krygsheer van die Saliese Franke c. 428 en word gesien as 'n Langhaar-Koning van die Merowingiese dinastie. Volgens legende was hy die seun van die Koning Pharamond.
Chlodio | |
---|---|
Koning van die Franke | |
Chlodio | |
Dinastie | Merowinge |
Bewind | 420 – 450 |
Ander titels | Koning van die Saliese Franke |
Gebore | c. 392/395 |
Gesterf | c. 445/448 |
Opvolger | Merovech |
Gade | Basina |
Nakomelinge | Merovech (omstrede) |
Kinders | Merovech (omstrede) |
Vader | Pharamond (omstrede) |
Moeder | Argotta (omstrede) |
Volgens die Historia Francoru van Gregorius van Tours was Chlodio uit Thüringen afkomstig. Hy het 'n burg in Dispargum aan die grens van die toenmalige Thuringe gehad.[1] Op grond van 11de eeuse bronne kan Dispargum aanvaarbaar geïdentifiseer word met die palts in Duisburg.
Chlodio het in 432 gesante na die Romeinse stede Kameryk en Doornik gestuur. Hy het weldra 'n gebied tot aan die Somme beset en die stad Doornik 'n hoof Frankiese setel gemaak. Omstreeks 448 is hy deur die Romeine verslaan naby Atrecht in Artesië. Ondanks die nederlaag het die gebied van die huidige België en Noord-Frankryk tot aan die Somme onder sy gesag. Chlodio het 'n bondgenoot van die Magister militum Aetius geword; maar hy het egter kort daarna gesterf. Hy is opgevolg deur Merovech, wat vermoedlik sy seun was.
Bronne
wysig- ↑ Gregorius van Tours: Chlogionem …, qui apud Dispargum castrum habitabat, quod est in terminum Thoringorum
- Sidonius Apollinaris, Romeinse skrywer, politikus en biskop
- Gregorius van Tours, Gallise biskop
- Edward James, De Franken, Baarn, 1988, pag. 251.
Voorafgegaan deur geen |
Koning van die Saliese Franke 420–450 |
Opgevolg deur Merovech |