Christiana Figueres
Karen Christiana Figueres Olsen (gebore op 7 Augustus 1956) is 'n Costa Ricaanse diplomaat met 35 jaar ervaring in nasionale en internasionale politiek op die hoogste vlak. In Julie 2010 is sy aangestel as sekretaris-generaal van die UNFCCC, die Verenigde Nasies se Klimaatveranderingskonferensie,[1][2] ses maande na die mislukte Kopenhagen-klimaatveranderingskonferensie (COP15) in 2009. Sy het die Nederlander Yvo de Boer in die pos opgevolg.
Christiana Figueres | |
---|---|
Christiana Figueres in Londen in 2018 | |
Gebore | Karen Christiana Figueres Olsen 7 Augustus 1956 |
Nasionaliteit | Costa Rica |
Beroep | Omgewingsaktivis en diplomaat |
Bekend vir | Prominente rol om Parys-klimaatooreenkoms suksesvol te onderhandel |
Webwerf | christianafigueres |
In die daaropvolgende jare het Figueres hard gewerk om die onderhandelingsproses rondom die Klimaatverdrag weer op koers te kry, met die fokus op deursigtigheid en samewerking. Gedeeltelik as gevolg van haar pogings, is die Parys-ooreenkoms in Desember 2015 gesluit.[3][4]
Christiana Figueres is op 18 Julie 2016 opgevolg as sekretaris-generaal van die UNFCCC deur die Mexikaanse Patricia Espinosa.[5]
Tydens haar wetenskaplike loopbaan het sy aan klimaatsverandering, volhoubare ontwikkeling, energie, grondgebruik, en tegniese en finansiële ontwikkeling gewerk. Figueres hou gereeld lesings[6] en is die skrywer van 'n reeks boeke.[7]
In Februarie 2020 publiseer sy 'n boek waarin sy openlik betoog vir burgerlike ongehoorsaamheid om die klimaat te red.[8]
Christiana Figueres het twee dogters en is Spaans, Engels en Duits magtig.
Verwysings
wysig- ↑ "Secretary-General Appoints Christiana Figueres of Costa Rica as Executive Secretary of United Nations Framework Convention on Climate Change". Verenigde Nasies. Besoek op 17 Mei 2010.
- ↑ "Sentient Developments - Five simple reasons why the Copenhagen Climate Conference failed" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2019.
- ↑ "Nicholas Stern responds to news that Christiana Figueres will step down from UNFCCC role" (in Engels). 19 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2019. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ "An architect of the Paris climate agreement isn't losing sleep over Trump pull out" (in Engels). 5 Junie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2019. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ "Executive Secretary, Klimaatverdrag UNFCCC" (in Japannees). 18 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ "Christiana Figueres Speeches". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ "Christiana Figueres Publications". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ Figueres, Christiana; Rivett-Carnac, Tom (25 Februarie 2020). "The Future We Choose. Surviving the Climate Crisis" (in Engels). Knopf. ISBN 9780525658351. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2020. Besoek op 25 Februarie 2020.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Christiana Figueres.
- Christiana Figueres se webwerf
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |