Chroniese obstruktiewe longsiekte

longsiekte wat langtermyn swak lugvloei behels

Chroniese obstruktiewe longsiekte (Engels: Chronic obstructive pulmonary disease of COPD) is 'n soort van progressiewe longsiekte gekenmerk deur langtermyn respiratoriese simptome en lugvloei beperking.[1] Die 2024 "Global Initiative for Chronic Obstructive Lung Disease" het COPD gedefinieer as 'n heterogene longtoestand wat gekenmerk word deur chroniese respiratoriese simptome (dyspnee, hoes, sputumproduksie en/of verergering) as gevolg van abnormaliteite van die lugweë (brongitis, bronchiolitis) en/of alveoli (emfiseem) wat aanhoudende, dikwels progressiewe, lugvloeiobstruksie veroorsaak.[2]

'n Long met COPD.

Die hoofsimptome van COPD sluit in kortasem en 'n hoes, wat dalk slym kan produseer.[3] COPD vererger geleidelik, met alledaagse aktiwiteite soos stap of aantrek wat moeiliker word.[4] Terwyl COPD ongeneeslik is, is dit voorkombaar en behandelbaar.

Verwysings

wysig
  1. Gold Report 2021, pp. 4–8, Chapter 1: Definition and overview.
  2. "2024 GOLD Report". Global Initiative for Chronic Obstructive Lung Disease - GOLD (in Engels (VSA)). Besoek op 23 Februarie 2024.
  3. Gold Report 2021, pp. 20-27, Chapter 2: Diagnosis and initial assessment.
  4. "Chronic obstructive pulmonary disease (COPD)". Fact Sheets (in Engels). World Health Organization. Besoek op 1 Julie 2021.

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig