Cleft Peak
Cleft Peak is ’n bergpiek in die Drakensberg in KwaZulu-Natal.[1] Dit is deel van die Drakensberg-platorand wat die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho vorm. Cleft Peak is die tweede hoogste piek in die noordelike deel van die gebied, ná Mont-aux-Sources, wat enkele meters hoër is.[2]
Cleft Peak | |
---|---|
Ligging | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika / Lesotho |
Hoogte | 3281 m meter bo seevlak |
Reeks | Drakensberg |
Koördinate | 29°00′06.3″S 29°10′02.6″O / 29.001750°S 29.167389°O |
Die maklikste staproetes is vanaf Mlabonjavalei en die Orrelpypspas. Dit is steil bergop tot op die platorand, waarna daar oor heuwels op en af tot by die piek gestap kan word.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ 1001 Moet-sien Plekke, Struik, 2006, ISBN 978-1-77007-216-9