Daewoo Lanos
Die Daewoo Lanos is 'n subkompakte motor wat van 1997-2002 vervaardig is deur die Suid-Koreaanse vervaardiger Daewoo Motors. Nadat hy as die "Motor van die Jaar" bekroon is, is produksie onder lisensie voortgesit in verskeie lande wêreldwyd. Dit is ook bemark as die Daewoo Sens, ZAZ Sens en ZAZ Lanos in die Oekraïne, Doninvest Assol en ZAZ Kans in Rusland, FSO Lanos in Pole, of Chevrolet Lanos in die Oekraïne, Rusland en Egipte.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Daewoo / General Motors |
Ook genoem | Chevrolet Lanos Daewoo Sens Doninvest Assol FSO Lanos ZAZ Lanos ZAZ Sens ZAZ Chance |
Produksie | 1997–2002 (Daewoo) 1997–tans (CKD en lisensiemodelle) |
Montering | Bupyeong, Suid-Korea 6de Oktoberstad, Egipte (GM Egypt)[1] Kaïro, Egipte[2] Taganrog, Rusland (TagAZ) Zaporizhia, Oekraïne (AvtoZAZ)[3] Warskou, Pole[4] Hanoi, Viëtnam (VIDAMCO)[5] |
Ontwerper | Giorgetto Giugiaro |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Subkompakte motor |
Bakstyl | 3- en 5-deur luikrug 4-deur sedan 2-deur paneelwa |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Platform | GM T platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.3 of 1.4 L MeMZ I4 (petrol) 1.4, 1.5 of 1.6 L GM E-TEC I4 (petrol) 1.5 L ACTECO I4 (petrol) |
Ratkas | 5-ganghandrat 4-gang GM 4T40E outomaties 4-gangZF 4HP16 outomaties |
Lengte | 4074 mm (luikrug) 4235 mm (sedan) 4247 mm (paneelwa) |
Breedte | 1678 mm |
Hoogte | 1432 mm 1908 mm (paneelwa) |
Asafstand | 2520 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Daewoo Cielo |
Opvolger | Daewoo Kalos |
Dit is ontwerp deur Giorgetto Giugiaro en was aanvanklik beskikbaar in drie bakstyle: driedeur- en vyfdeur-luikrugmotors en 'n vierdeursedan. In 2006 is 'n paneelwaweergawe ook bekendgestel, ontwikkel deur ZAZ in die Oekraïne. Die Daewoo Lanos is ontwerp om die Daewoo Nexia in die Daewooreeks te vervang en is self vervang deur die Daewoo Kalos.
Verwysings
wysig- ↑ Satyam. "Welcome to GMArabia.com". GMEgypt.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2012. Besoek op 19 Julie 2010.
- ↑ "Welcome to Lanos Website". AboulFotouh.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2012. Besoek op 19 Julie 2010.
- ↑ "UkrAVTO Corporation. ZAZ" (in Engels). UkrAvto.ua. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2010. Besoek op 22 Oktober 2010.
- ↑ "UkrAVTO Corporation. FSO" (in Engels). UkrAvto.ua. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2010. Besoek op 22 Oktober 2010.
- ↑ "History". GMVietnam.com.vn. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2012. Besoek op 9 September 2011.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |