Dalneje (Astrachan-oblast)
Dalneje (Russies: Дальнее) is 'n dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit behoort. Dit lê oorkant 'n klein stroom van 'n groter nederesetting, Boedarino.
Dalneje Дальнее | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 45°42′20″N 47°24′54″O / 45.70556°N 47.41500°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Liman |
Bevolking | |
• Totaal | 78 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416422 |
Geskiedenis
wysigDie dorpie is aan die begin van die 20ste eeu deur Kalmikiese setlaars gestig en het oorspronklik die naam Daltsja gehad. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Dalneje, gekry. Hierdie nuwe naam kom van die Russiese woord vir "ver geleë".[1]
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Dalneje 80 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Russe | 59 | 73,8% |
Tsjetsjniërs | 11 | 13,8% |
Oekraïners | 6 | 7,5% |
Dargine | 4 | 5% |
Totaal | 80 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ "Бударинский сельский совет народных депутатов с. Бударино Лиманского района Астраханской области". Агентство по делам архивов Астраханской области / Web Archive (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2016. Besoek op 3 Augustus 2023.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 3 Augustus 2023.