Danie Bosman
Daniel Ferdinand (Danie) Bosman (7 Februarie 1907 – 27 Mei 1946), was 'n pionier en komponis van ligte Afrikaanse musiek. Hoewel sy huistaal Engels was, het hy vir Afrikaanse liedjies soos "Boereseun", "In die skadu van ou Tafelberg" en "Oom Bossie van die Bosveld" gesorg. Hy is in 1946 in Muizenberg oorlede.[1]
Danie Bosman | |
---|---|
Foto van Danie Bosman in Musieksterrre van Gister en Vandag | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Daniel Ferdinand Bosman |
Gebore | 7 Februarie 1907 Kaapstad |
Sterf | 27 Mei 1946 Muizenberg |
Beroep(e) | Komponis, liedjieskrywer |
Van die liedjies wat hy gekomponeer het, is:
- Boereseun
- In die skadu van ou Tafelberg
- Oom Bossie van die Bosveld
- Kaapse Draai
- Ou musikant
- In my skemeruurtjie
- Bergrivier
- Daar onder in die Kaap
- In my droomskuitjie
- Goeienag
Bronne
wysig- Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau Swart: Afrikaanse Kultuuralmanak
- http://www.sahistory.org.za/dated-event/daniel-ferdinand-danie-bosman-pioneer-and-composer-light-afrikaans-music-born-he-died-27
- http://www.netwerk24.com/vermaak/2014-03-09-danie-bosman-se-musiek-nuut-afgestof
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8