Dasklippas
Dasklippas is 'n bergpas wat op 'n toegangsroete tot die Groot-Winterhoekberge net noordoos van Porterville geleë is. Alhoewel die pas geteer is, is dit baie steil en kronkelrig. Die uitsig vanaf die pas is besonder. Die pas dateer uit 1948.