De Hoek
Die oudste sementfabriek in Suid-Afrika
By De Hoek net suid van Piketberg is die oudste sementfabriek in Suid-Afrika.[1] Dit lê teen die N7-nasionale pad en die spoorlyn tussen Kaapstad en Bitterfontein. Meer as 3 miljoen ton kalksteen is reeds verwyder uit die steengroef wat bestempel word as die derde grootste in die land.
Verwysings
wysig- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op 27 November 2019.