Deauville
Deauville is 'n stad aan die Normandiese Côte Fleurie, in die département Calvados (Frankryk), met sowat 4 000 inwoners. Deauville staan wêreldwyd bekend as luukse seebad waar ook die feeste van die Amerikaanse en Asiatiese film gereeld gevier word. Die stad beskik oor 'n casino, 'n perderenbaan, 'n jaghawe, talle statige villa's in die boustyl van die "Fin de siècle", luukse boetieke, 'n sentrum vir aktiewe thalassoterapie en thalasso-estetiek, die "Promenade des Planches" en die beroemde diskoteek "Les Planches".
Deauville | |
---|---|
Deauville: Les Planches, met die name van rolprentregisseurs en -akteurs | |
Koördinate: 49°21′36″N 0°04′31″O / 49.36000°N 0.07528°O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Basse-Normandie |
Département | Calvados |
Arrondissement | Lisieux |
Kanton | Trouville-sur-Mer |
Regering | |
• Burgemeester | Philippe Augier |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,57 km2 (1,38 vk. myl) |
Hoogte | 0–83 m (0–272 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 3 915 |
• Digtheid | 1 097/km2 (2 840/vk. myl) |
Poskode | 14800 |
Skakelkodes | 14220 |
Webwerf | deauville.fr |