Defy is 'n Suid-Afrikaanse maatskappy wat huishoudelike toerusting soos stowe, yskaste, wasmasjiene, en tuimeldroërs vervaardig en versprei.[1] Die maatskappy bedryf fabrieke in Durban, Ladysmith, en Oos-Londen.

Defy is in 1905 in Wentworth, Natal deur John Skinner en Benjamin Greenacre gestig. Die maatskappy vervaardig sy eerste produk, naamlik 'n elektriese stoof, in 1932.[1] In Julie 2011 word Defy deur die Turkse maatskappy Arçelik vir VS$ 324 miljoen gekoop.[2]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 "About Defy". Defy Appliances. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2012. Besoek op 6 Januarie 2012.
  2. "Turkey's Arçelik buys Defy Appliances". SAinfo. 25 Julie 2011. Besoek op 6 Januarie 2012.

Eksterne skakels

wysig