Die windpomp
Die Windpomp is 'n Afrikaanse rolprent wat op 25 April 2014 in teaters begin draai het en op 12 September 2014 op DVD vrygestel is. Die film is deur ZenHQ Films en Times Media Films vervaardig. Dit is in Kaapstad in die Wes-Kaap verfilm.
Die Windpomp | |
---|---|
Regisseur | Etienne Fourie |
Draaiboek | Etienne Fourie |
Met | Leandie du Randt Ian Roberts Armand Greylin |
Musiek deur | Johnny de Ridder |
Kinematografie | Johan Prinsloo |
Redigeerder | Mario Kowarz |
Ateljee | ZenHQ Films |
Uitgereik | 25 April 2014 |
Speeltyd | 114 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste | |
IMDb-profiel |
Die Windpomp is aanvanklik in 2011 as 'n kortfilm vir die AFDA-filmskool geskiet. Dit het 11 AFDA-pryse verower waarna dit as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Studente Oscars ingeskryf is. Na hierdie suksesse is daar begin om dit as 'n vollengte rolprent te ontwikkel.
Genre
wysigRomantiese drama met elemente van fantasie. Dit het 'n ouderdomsperk van 13 jaar.
Hoofrolspelers
wysig- Leandie du Randt as Margot
- Ian Roberts as Rossouw
- Armand Greyling as Henri
- Grethe Fox as tannie Miggie
- Marga van Rooy as Tannie
- Sean-Marco Vorster as Pieter
- Barbara Marie Immelman as 'n verpleegster
- Maridi Jooste as Miggie
- Roland Reed as Japie
- Marko van der Colff as Oupa Hendrik
- Euodia Sampson as Karmienella
- Ivan Abrahams as dominee Greeff
- Alice Godfrey as Elbie
Storielyn
wysigDie storie handel oor 17-jarige Hendri wat noodgedwonge op die voorstoep van sy seniele, teruggetrokke oupa in 'n aftree-oord beland. Hendri kom gou agter dat daar soveel meer geheime hier skuil as wat hy ooit sou kon raai en dat die grootste geheim van als hom net dalk die liefde van sy lewe kan kos.
Toekennings
wysigToekenning | Kategorie | Naam | Uitkoms |
---|---|---|---|
Silwerskermfees Toekennings 2014 (kykNET) |
Beste Film | Wen | |
Beste Regisseur | Etienne Fourie | Wen | |
Beste Draaiboek | Etienne Fourie | Wen | |
Beste Kinematografie | Johan Prinsloo | Nominasie | |
Beste Oorspronklike Musiek | Johnny de Ridder | Wen | |
Beste Redigering | Mario Kowarz | Nominasie | |
Beste Akteur | Armand Greyling | Nominasie | |
Beste Aktrise | Leandie du Randt | Nominasie | |
Beste Vroulike Byspeler | Marga van Rooy | Wen |