Die square
Die Square is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1975 in Suid-Afrika uitgereik is. Die draaiboek en regie is deur Manie van Rensburg behartig. Cobus Rossouw speel die hoofrol as 'n Boer van die ou soort wat as die nuwe stem van die Afrikanerdom bestempel word. Hy verkrummel egter tot 'n patetiese figuur as sy vrou hom vir 'n ander man verlaat.
Manie van Rensburg | |
---|---|
Regisseur | Manie van Rensburg |
Met | Cobus Rossouw Rika Sennett Nic de Jager |
Uitgereik | 1975 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n komiese drama. Dit het geen ouderdomsperk nie.
Hoofrolspelers
wysig- Cobus Rossouw in die hoofrol as Hannes Kruger.
- Rika Sennett, as Anele, Hannes se vrou.
- Nic de Jager, die fotograaf.
- Cobus Visser as Hannes se handlanger.
Storielyn
wysigHannes Kruger is 'n konserwatiewe Afrikaner met 'n pragtige vrou. Sy verlaat Hannes as gevolg van sy "verkramptheid" en gaan bly by 'n sjarmante fotograaf. Hannes word tot voorsitter van Die Nuwe Afrikaner Party verkies, maar durf dit nie vir die ander sê nie. Haar foto pryk op al wat plakkaat in Johannesburg is en hy probeer tevergeefs om dit te verwyder. Uiteindelik kry hy haar en probeer haar oortuig dat hy verander het. Hy maak haar van voor af die hof met 'n afro-pruik en probeer haar oortuig dat hy nie 'n verkrampte "square" is nie, maar 'n nuwe Afrikaner wat gereed is vir nuwe uitdagings. Uiteindelik flop sy groot toespraak en word hy deur die skare uitgejou.