Die toekoms van werk

Hierdie artikel is ingeskryf vir die Skole Skryfkompetisie [1].
As u van plan was om ’n groot wysiging aan hierdie artikel aan te bring, is dit miskien ’n
beter idee om dit vir eers op die besprekingsblad voor te stel. Nog inligting hier.


Die COVID-19-pandemie het 'n enorme impak gehad op die manier waarop mense werk, wat gelei het tot die aanvaarding van hibriede werksomgewings. Hierdie model, wat afgeleë werk met in-kantoor teenwoordigheid meng, het 'n standaard vir baie organisasies en werknemers geword. Sedert die aanvanklike inperkings op 27 Maart 2020 in Suid-Afrika, moes werkgewers aanpas na die nuwe omstandighede.

Besighede was verplig om vinnig digitale gereedskap en platforms aan te skaf om samewerking op afstand moontlik te maak. Microsoft Teams, Zoom en ander kommunikasie-stelsels het noodsaaklik geword, en wolk-dienste het dit moontlik gemaak om vanaf enige plek te werk. Hierdie vinnige verskuiwing na digitale tegnologie het die grondslag vir hibriede werk-gebiede geskep.

Wat is 'n hibriede werkplek model?

wysig

‘n Hibriede werkplek model verwys na werknemers wat beide vanaf die huis of kantoor hul werk kan verrig, wat buigsaamheid en ondersteuning aanbied. Werknemers in hierdie soort werkplek het gewoonlik groter outonomie en ‘n beter balans tussen werk en lewe, wat betrokkenheidsvlakke verhoog. Maar so ‘n werkplek is nie ‘n eenvoudige wondermiddel vir alle werkplekuitdagings nie. So ‘n model moet korrek gestruktureer word en geïmpliseer word om positiewe resultate te verkry.

Gartner HR Insights [1]sê die volgende: "waar en wanneer werk gedoen word, sal bepaal word deur wat die meeste sin maak om die hoogste vlakke van produktiwiteit en betrokkenheid te dryf."

Die hibriede model pas nie vir elke werkplek of elke industrie nie, dit is die beste geskik vir werknemers wie se werk rekenaargebaseerd is en nie op die perseel uitgevoer hoef te word nie. Dus sal dit nie ‘n realiteit in industriee soos medies, onderwys en produksie kan word nie.

‘n Studie deur McKinsey[2]het gekyk na afgeleë werk wat gedoen kan word sonder verlies aan produktiwiteit. Dit het bepaal dat ongeveer 20% tot 25% van die arbeidsmag in gevorderde ekonomieë tussen drie en vyf dae per week van die huis af kan werk. Dit verteenwoordig vier tot vyf keer meer afgeleë werk as voor die pandemie. Hulle het ook ‘n tabel saamgestel van die algehele fisiese telling volgens werkarea, wat aandui hoeveel in-persoon werk elke industrie benodig.

Veld Telling uit 100
Mediese Sorg 87
Persoonlike welstand 83
Op persieel kliënt interaksies 76
Ontspanning en reis 75
Tuisondersteuningsdienste 70
Binnenshuise produksie en pakhuise 70
Rekenaar gebaseerde kantoor werk 68
Onderwys 68
Vervoer van goedere 58
Buitelugproduksie en instandhouding 54

Die voordele van hibriedwerk vir werknemers

wysig

Die verskuiwing na hibriede werk het lank voor die pandemie begin, maar, soos met soveel dinge, het COVID-19 die proses verspoedig. Besighede moes vinnig 'n aantal probleme oorkom, insluitend die verskaffing van die nodige gereedskap en die bestuur van produktiwiteit. Na 'n paar maande was dit duidelik dat daar geen teruggaan was nie - werkers het van diè nuwe werkstyl gehou. In 2022, het werknemers slegs 3 dae per week kantoor toe gegaan. Dit is 'n 30% afname vanaf die prepandemie tydperk.

Kantoorbywoning verskil tussen metropolitaanse gebiede. Werknemers in Beijing, byvoorbeeld, gaan gemiddeld 3.9 dae per week kantoor toe, terwyl werknemers in Londen net 3.1 dae per week werk. Ander metropolitaanse val tussen hierdie uiterstes en is meestal gekonsentreer rondom 3.3 tot 3.6 dae in die kantoor. Net so wissel die persentasie van werknemers wat glad nie van die huis af werk nie van land tot land. In Japan werk meer as die helfte van alle kantoorwerkers vyf dae per week in die kantoor, terwyl dit in die Verenigde Koninkryk net 28 persent is. Net so, hoe hoër die huispryse in stedelike gebiede is, hoe laer is die gemiddelde kantoorbywoning in daardie metropool.

Verhoogde buigsaamheid vir werknemers

wysig

Een van die grootste voordele van hibriede werk is die verhoogde buigsaamheid wat dit aan werknemers bied. Deur 'n kombinasie van kantoorwerk en tuiswerk moontlik te maak, kan werknemers hul tyd beter bestuur en balans tussen hul persoonlike en professionele lewens bereik. [3] Hierdie buigsaamheid help werknemers om hul werk skedules aan te pas by ander verpligtinge, soos kinderopvoeding, gesinslewe, en persoonlike belangstellings, wat uiteindelik kan lei tot hoër werkstevredenheid.

Verhoog werknemer produktiwiteit

wysig

Nog 'n groot voordeel van hibriede werk is dat dit dikwels produktiwiteit verhoog. Werknemers wat in 'n buigsame omgewing werk, het meer beheer oor hul werksomstandighede en kan werk op tye wanneer hulle die meeste gefokus is, wat hul prestasie kan verbeter. Tuiswerk elimineer ook die tyd en energie wat aan vervoer bestee word, wat dikwels lei tot moegheid en ondoeltreffendheid.[4]

In 'n hibriede omgewing kan werknemers hulle werk met minder onderbrekings afhandel, aangesien hulle tuis of in 'n stil ruimte kan werk, wat veral voordelig is vir take wat intense konsentrasie vereis.

Besparings vir beide werknemers en werkgewers

wysig

Verder dra hibriede werk by tot besparings vir beide werkgewers en werknemers. Vir werknemers beteken minder tyd in die kantoor verminderde uitgawes aan vervoer- en brandstofkoste, en moontlike besparings op professionele klere en middagetes. Werkgewers kan ook baat by kleiner kantoorruimte en laer bedryfskoste, aangesien hulle minder kantoorruimte nodig het wanneer werknemers nie voltyds teenwoordig is nie.[5]

Die afname in nutsdienste, skoonmaakdienste en ander kantooruitgawes kan tot aansienlike kostebesparings lei.

Talent van regoor die wêreld

wysig

In 'n wêreld waar die aanvraag aan talent hoog is, waardeer werkers maatskappye wat buigsaamheid bied. Werknemers met die opsie om gedeeltelik van die huis af te werk, is dikwels meer lojaal en minder geneig om van werk te verander as hulle gemaklik is met hul huidige werkopset. Dit is veral relevant vir die kennis-ekonomie, waar hoogs gespesialiseerde werknemers dikwels voorkeur gee aan buigsaamheid in hul werk reëlings. 'n Hibried-model stel maatskappye in staat om talent van regoor die wêreld aan te stel, aangesien werkgewers nie beperk is tot kandidate wat naby die fisiese kantoor woon nie.[6] Hierdie geografiese diversiteit kan lei tot beter idees, kreatiewe probleemoplossing en 'n sterker, meer gediversifiseerde span.

Verlaag koolstof voetspoor

wysig

Vanuit 'n omgewings perspektief dra hibriede werk ook by tot 'n vermindering van die koolstof voetspoor van maatskappye. Minder vervoer beteken minder voertuie op die paaie, wat die vrystelling van kweekhuisgasse verminder en tot 'n groener en meer volhoubare toekoms bydra. Dit is veral belangrik vir maatskappye wat bewus is van hul omgewingsimpak en volhoubare besigheidspraktyke wil bevorder.

Verbeter werknemers se gesondheid en welstand

wysig

Minder tyd wat aan vervoer spandeer word, beteken dat werknemers meer tyd het om aan fisiese aktiwiteite deel te neem, te rus of te ontspan. Die buigsaamheid om van verskillende plekke af te werk, kan spanning verminder en 'n gesonder werk-privaatlewe balans bevorder, wat uiteindelik lei tot minder uitbranding en siekteverlof.[7] Werknemers wat in 'n hibriede omgewing werk, meld dikwels aan dat hulle minder gestres en meer gemotiveerd is, aangesien hulle meer beheer oor hul tyd het en hul werkslewe aan hul persoonlike behoeftes kan aanpas.

Verbeter spanwerk en spanmoraal

wysig

Laastens, verbeter hibriede werk spanwerk en samewerking op unieke maniere. Alhoewel daar uitdagings kan wees wanneer werknemers van verskillende plekke af werk, dwing die hibriede model maatskappye om meer bewustelik te werk aan die bevordering van samewerking en kommunikasie. Deur die regte tegnologie te gebruik en spanwerk te struktureer om die beste uit beide fisiese en virtuele interaksies te haal, kan maatskappye sterker spanne bou wat innoverend en goed verbind bly.

Verwysings

wysig