Dimitri Diatchenko
Amerikaanse akteur
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Dimitri Diatchenko (11 April 1968 – ca. 23 April 2020) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull (2008), Get Smart (2008), en Chernobyl Diaries (2012). Weens sy Oekraïense en Russiese aksent het hy dikwels die rolle van Oekraïens- of Russiessprekende karakters vertolk - soos dié van die Oekraïense toergids Joeri in die grurolprent Chernobyl Diaries (2012).
Dimitri Diatchenko | |
Geboorte | San Francisco, Kalifornië, Verenigde State | 11 April 1968
---|---|
Sterfte | ca. 23 April 2020 (op 52) Daytona Beach, Florida, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1997–2017 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Diatchenko is op 23 April 2020 dood in sy huis in Daytona Beach, Florida aangetref waar hy volgens familielede laat op 21 April of vroeg soggens op 22 April onverwags oorlede is.[1]
Filmografie
wysigRolprente
wysig- 2008: Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull
- 2008: Get Smart
- 2012: Chernobyl Diaries
- 2013: Clubhouse
Televisiereekse
wysig- 2013: Project: SERA