Dinamo

elektriese generator wat gelykstroom ontwikkel

'n Dinamo is 'n elektriese generator wat gelykstroom ontwikkel met behulp van 'n kommutator. Dinamo's was die eerste elektriese generators wat in staat was om krag vir die industrie te lewer, en die grondslag waarop baie ander latere elektriese-krag-omskakelingstoestelle gebaseer was, insluitend die elektriese motor, die wisselstroom-alternator en die roterende omskakelaar.

"Dynamo Electric Machine" (van eenkant af, parte seksie, Amerikaanse Patent 284 110)

Vandag oorheers die eenvoudiger alternator grootskaalse kragopwekking, om doeltreffendheid, betroubaarheid en koste redes. 'n Dinamo het die nadele van 'n meganiese kommutator. Die omskakeling van wisselstroom na gelykstroom deur gebruik te maak van gelykrigters (soos vakuumbuise of meer onlangs via vastestoftegnologie) is ook effektief en gewoonlik ekonomies.