Dolby Laboratories

Brits-Amerikaanse onderneming wat in oudio-geraasvermindering en oudio-enkodering en -kompressie spesialiseer

Dolby Laboratories, Inc. (dikwels kort Dolby Labs genoem) is 'n Brits-Amerikaanse onderneming wat in oudio-geraasvermindering en oudio-enkodering en -kompressie spesialiseer. Dolby lisensieer sy tegnologieë vir vervaardigers van verbruikerselektronika.

Dolby Laboratories, Inc.

Tipe Publieke maatskappy (Corporation)
Gestig 18 Mei 1965 in Londen, Verenigde Koninkryk
Hoofkantoor San Francisco, CAVerenigde State
SleutelpersoneRay Dolby (stigter); Peter Gotcher (uitvoerende voorsitter), Kevin J. Yeoman (voorsitter en hoof uitvoerende beampte)
IndustrieOudiotegnologie
Inkomste1,082 miljard VSA-$ (2017)
Bedryfsinkomste248,64 miljoen VSA-$ (2017)
Netto inkomste201,8 miljoen VSA-$ (2017)
Werknemers1 867 (2015)
Dogter-
maatskappye
Audistry
Via Licensing
Webwerfdolby.com

Dolby Labs is deur die Amerikaanse ingenieur Ray Dolby (1933–2013) in 1965 in Londen gevestig. Elf jaar later is die onderneming se hoofkwartier na San Francisco in Kalifornië verskuif.