Domkerk van Limburg
Die Domkerk van Limburg (Duits: Limburger Dom), wat volgens sy beskermheilige Sint Joris ook Sint Joris-domkerk genoem word, dien as katedraalkerk van die Rooms-Katolieke bisdom Limburg in die Duitse deelstaat Hesse. Danksy sy ligging op 'n kalkrots, wat bo die historiese stadskern van Limburg an der Lahn troon, is die katedraal van ver af sigbaar. Die domkerk, wat tussen 1190 en 1235 ontstaan het, word as een van die mees volmaakte voorbeelde van laat-Romaanse boukuns beskou, alhoewel dit reeds vroeë Gotiese stylelemente toon.
Domkerk van Limburg | ||
Die domkerk en die historiese stadskern van Limburg an der Lahn in 2014 | ||
Denominasie | Rooms-Katolieke Kerk | |
Adres | Hoher Dom zu Limburg, Domplatz 4, 65549 Limburg |
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Domkerk van Limburg.
- (de) Amptelike webwerf