Donald Tusk
Donald Franciszek Tusk ('dɔnalt fran'tɕiʃɛk tusk; * 22 April 1957 in Gdańsk) is 'n Poolse Christen-Demokratiese politikus wat sedert 13 Desember 2023 as die eerste minister van Pole dien. Hy het dié pos ook van November 2007 tot September 2014 beklee. Op 30 Augustus 2014 is aangekondig, dat hy tot president van die Europese Raad benoem is en hy het dié amp op 1 Desember 2014 aangetree en is op 1 Desember 2019 deur Charles Michel opgevolg.[1]
Donald Tusk | |
Donald Tusk in 2013 | |
Eerste Minister van Pole
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 13 Desember 2023 | |
Vise | Władysław Kosiniak-Kamysz Krzysztof Gawkowski |
---|---|
President | Andrzej Duda |
Voorafgegaan deur | Mateusz Morawiecki |
Ampstermyn 16 November 2007 – 22 September 2014 | |
Vise | Waldemar Pawlak Grzegorz Schetyna Janusz Piechociński Jacek Rostowski Elżbieta Bieńkowska |
President | Lech Kaczyński Bronisław Komorowski Bogdan Borusewicz Grzegorz Schetyna Bronisław Komorowski |
Voorafgegaan deur | Jarosław Kaczyński |
Opgevolg deur | Ewa Kopacz |
President van die Europese Raad
| |
Ampstermyn 1 Desember 2014 – 1 Desember 2019 | |
Voorafgegaan deur | Herman van Rompuy |
Opgevolg deur | Charles Michel |
Adjunkmaarskalk van die Sejm van die Republiek Pole
| |
Ampstermyn 19 Oktober 2001 – 18 Oktober 2005 Gedien saam met: Andrzej Lepper Tomasz Nałęcz Kazimierz Michał Ujazdowski Janusz Wojciechowski Józef Zych | |
Voorafgegaan deur | Marek Borowski Jan Król Franciszek Stefaniuk Stanisław Zając |
Opgevolg deur | Janusz Dobrosz Jarosław Kalinowski Bronisław Komorowski Wojciech Olejniczak Andrzej Lepper Genowefa Wiśniowska Marek Kotlinowski |
Adjunkmaarskalk van die Senaat van die Republiek van Pole
| |
Ampstermyn 21 Oktober 1997 – 18 Oktober 2001 Gedien saam met: Andrzej Chronowski Tadeusz Rzemykowski Marcin Tyrna | |
Voorafgegaan deur | Ryszard Czarny Stefan Jurczak Zofia Kuratowska Grzegorz Kurczuk |
Opgevolg deur | Jolanta Danielak Ryszard Jarzembowski Kazimierz Kutz |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 22 April 1957 Gdansk, Pole |
Politieke party | Burgerplatform (2001–hede) Europese Volksparty (1994–2001) Liberaal-Demokratiese Kongres (1991–1994) |
Eggenoot/-note | Małgorzata Tusk |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Universiteit van Gdańsk |
Professie | Historikus |
Religie | Rooms-Katoliek |
Handtekening |
Hy is daarnaas ook die medestigter en sedert 2002 die voorsitter van die gematigde konserwatiewe party Platforma Obywatelska (PO, "Burgerplatform") wat in die Europese Parlement by die Europese Volksparty aangesluit het.[2]
Pro-EU
wysigNa agt jaar aan bewind is in die verkiesings van 2023 Pole se regse populistiese PiS-regering uitgedryf en Donald Tusk, wat pro-Europese integrasie is, het ingetree. Oor sy agt jaar aan bewind was die PiS-regering in 'n uitgerekte twis met die EU gewikkel oor die oppergesag van die reg. Die voormalige regering het 'n groot deel van Pole se regsplegingsektor hersien op 'n manier wat die Europese Kommissie as strydig met die EU se stigtingsverdrae beskou het.[3]
Verwysings
wysig- ↑ "Donald Tusk – Consilium". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2017. Besoek op 19 April 2017.
- ↑ "Italy's Mogherini and Poland's Tusk get top EU jobs". 30 Augustus 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2014. Besoek op 30 Augustus 2014.
- ↑ Wojciech Kosc (2024). "Donald Tusk has taken office, but is the EU the real winner of Poland's election?". Parliament magazine.