Dor Shabashewitz
Dor Shabashewitz (Hebreeus: דור שבשביץ, Russies: Дор Шабашевиц) is 'n Russies-Israelse joernalis, geskiedkundige en politieke ontleder wat oor etniese minderheidsregte, migrasie en separatisme in Rusland en Sentraal-Asië skryf. Sy artikels het in RFE/RL, New Eastern Europe en The Forward verskyn.
Dor Shabashewitz | |
---|---|
Nasionaliteit | Israel |
Alma mater | Europese Universiteit in Sint Petersburg |
Beroep | Joernalis, politieke ontleder |
Biografie
Dor Shabashewitz is in 'n sekulêre Joodse familie in Rusland gebore. Hy is 'n kleinseun van die Kasakstans-Russiese joernalis Irina Proess en agter-agter-agterkleinseun van die Joodse opvoeder en taalkundige Konstantin Israel Zjitomirski. Hy is ook verwant aan die Suid-Afrikaanse Bashew-familie, wie se naam 'n verkorting van Shabashewitz is.[1][2]
Hy het 'n BA-graad in Geskiedenis en 'n MA-graad in Antropologie. Die onderwerp van sy meestersgraadtesis was die wisselwerking tussen die taal en identiteit van die Astrachanse Kasakke.[3]
Sedert 2021 woon Shabashewitz in Armenië. Hy is 'n skrywer vir die land se enigste Joodse koerant Magen David en lid van die Armeens-Joodse Vriendskapsraad.[4]
Verwysings
- ↑ Файн, Виктор; Вершинин, Сергей (2013). Таганрогские Сабсовичи и их потомки. Опыт генеалогического исследования [Die Sabsowitsj-familie van Taganrog. 'n Genealogiese studie] (in Russies). Москва: Триумф.
- ↑ "Family Photographs – from generation to generation. Bashew (Shabashewitz), Eisenberg, Itzkowitz". Raseiniai Kehila. JewishGen (in Engels).
- ↑ Shabashewitz, Dor (28 September 2023). "Kazakh as an Unwritten Language: The Case of Astrakhan Oblast". Voices on Central Asia (in Engels).
- ↑ "Armenian-Jewish Friendship Council". Save Armenia. A Judeo-Christian Alliance (in Engels).