Douala Internasionale Lughawe
MD-Douala Internasionale Lughawe (Frans: Aéroport international MD-Douala) is 'n internasionale lughawe geleë in Douala, die grootste stad in Kameroen en die hoofstad van Kameroen se Kusstreek. Met sy 4 terminale[1] en 'n gemiddeld van 1,5 miljoen passasiers en 50 000 ton vrag per jaar[2] is dit die land se besigste lughawe. Die lughawe word bestuur en deels besit (34%) deur die maatskappy Aeroport du Cameroon (ADC) wat ook al die ander 13 lughawens op Kameroense grondgebied bestuur.[3]
Aanloopbaan
wysigDouala-lughawe het 'n enkele aanloopbaan, 12/30, met 'n lengte van 2 880 m. Tussen 1 en 21 Maart 2016 was die aanloopbaan gesluit vir opgraderingswerk; alle lugrederye het gedurende daardie tydperk bedrywighede na Yaoundé-lughawe verskuif.[4] Dit het deel gevorm van 'n opknappingsplan van 20 miljard CFA (VS$ 36 363 636 miljoen), gefinansier deur die Franse Agentskap vir Ontwikkeling, wat 'n opknapping in twee fases voltooi het: eers die lughawe se aanloopbaan, en dan sy terminale en binneruim.[5]
-
'n Camair-Co Boeing 767-300ER taxi by Douala.
-
Watersaluut van 'n Camair-Co Boeing 767-300ER.
-
'n Camair-Co Boeing 767-300ER styg op.
Verwysings
wysig- ↑ mbene (24 Maart 2020). "Aéroport International MD-Douala". Aéroports Du Cameroun SA (in Frans). Besoek op 18 September 2018.
- ↑ "MD-Douala International Airport remains open authorities affirm". Cameroon Radio Television (in Frans). 22 April 2018. Besoek op 18 September 2018.
- ↑ Kerf, Michel; Smith, Warrick (1 Januarie 1996). Privatizing Africa's Infrastructure: Promise and Challenge (in Engels). World Bank Publications. ISBN 9780821337448.
- ↑ "Airlines to use Yaoundé for duration of Douala closure".
- ↑ "Douala International Airport remains open authorities affirm". Cameroon Radio Television (in Frans). 22 April 2018. Besoek op 18 September 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Douala Internasionale Lughawe.