Douglas DB-7
Amerikaanse twee motorige bomwerper
Die Douglas DB-7 is 'n tweemotorige bomwerper wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Amerikaanse, Britse en Franse Lugmagte gebruik is. Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 23 Januarie 1939 onderneem.
Douglas DB-7 | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Douglas Aircraft Company |
Ontwerp deur | Ed Heinemann |
Nooiensvlug | 23 Januarie 1939 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Franse Lugmag Britse Lugmag Amerikaanse Lugmag |
Aantal gebou | 7 478 |
Weergawes | Douglas DC-5 |
Geskiedenis
wysigDie vervaardiger Douglas het in 1938 'n ontwerp van sy model 7A ingedien na aanleiding van 'n spesifikasie van die Amerikaanse Leër. Die spesifikasie het 'n tweemotorige aanvalsbomwerper versoek. Douglas is toestemming verleen om twee prototipes te bou. Die eerste prototipe het as Model 7B bekend gestaan en was toegerus met 1 100 perdekrag Twin Wasp motors en het 'n driewielonderstelontwerp gehad.
Die Franse Lugmag het in Februarie 1939 sy eerste bestelling van 100 eenhede geplaas.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Wright R-2600-23 Cyclone stermotor |
Kraglewering per motor | 1 600 perdekrag |
Vlerkspan | 18,69 m |
Lengte | 14,40 m |
Hoogte | 5,36 m |
Maks. opstygmassa | 11 113 kg |
Maks. snelheid | 550 km/h op 3 962 m |
Operasionele hoogte | 7 391 m |
Togafstand met maks. bomvrag | 1 690 km |
Bewapening | Twee 0.30 Browning masjiengewere weerskante in die neus en twee in dorsale skiettoring Een 0.303 Vickers masjiengeweer in ventrale posisie. |
Bomvrag | 907 kg in bomlaai |
Bron
wysig- Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012 ISBN 978-0-7537-2172-8