Dragon Li
Die Dragon Li (Chinees: 狸花猫; Li Hua Mao) is ’n Chinese katras. Die Chinese naam beteken "jakkalsblomkat"[1] na aanleiding van sy ooreenkoms met die jakkals en die kenmerkende patroon van die pels.
Dragon Li | ||||
Alternatiewe naam | Li Hua Mao Chinese Li Hua | |||
Land | China | |||
Ontstaan | Natuurlik | |||
Soort lyf | Stewig | |||
Pels | Kort | |||
Patroon | Onderbroke strepe | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Geskiedenis
wysigDaar word geglo Dragon Li's stam van die Chinese bergkat (Felis silvestris bieti) af en dat hulle self mak geword het. Daar is egter geen bewyse daarvoor nie. Dit is ’n skaars spesie, selfs in China self. Die katte is in 2003 die eerste keer as ’n eksperimentele ras in China geskou. In 2010 is dit deur die Cat Fanciers' Association (CFA) in die Gemengde Klas aanvaar.
Beskrywing
wysigDie Dragon Li het ’n unieke goudbruin kleur met onderbroke strepe. Dit het groot, ronde, amandelvormige geel of groen oë. Die lyf is stewig en van gemiddelde grootte. Die kat is besonder intelligent en baie bewus van sy omgewing.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Cat Breeds[dooie skakel]
Eksterne skakels
wysig- The Messybeast.com Cat Breed List URL besoek op 2012-01.21
- Chinese katrasse; blog. URL besoek op 2012-01.21
- Wocat breed database URL besoek op 2012-01.21
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dragon Li.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia