Driebeenresies
Driebeenresies is 'n speletjie wat tydens boeresport gespeel word. 'n Span bestaan uit twee deelnemers, waarvan die een se linkerbeen aan die ander se regterbeen vasgemaak is. As die fluitjie blaas word daar so vinnig moontlik met drie bene na die wenstreep gehardloop. Die span wat eerste by die wenstreep opdaag wen.
Die spel bevorder spanwerk en koördinasie.
Sien ook
wysig- Lys van kinderspeletjies
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Driebeenresies.